Balletdanser geskiet

Tusile Tenza. Foto: Facebook

Die loopbaan van 23-jarige balletdanser van Kaapstad is in gedrang nadat hy Sondag in sy ruggraat geskiet is.

Tusile Tenza is in Gugulethu geskiet terwyl hy en ʼn vriend in die gebied rondgery en iemand op hul voertuig losgebrand het.

Die Cape Argus berig Tenza sal vandag geopereer word om die koeël te verwyder, maar dit is nie seker of hy ooit weer sal kan dans nie.

Mervyn Williams, sy dansskool se prinsipaal, het gesê Tenza het nog altyd gelag en liedjies gesing. “Dit is baie ongewoon om hom so stil in ʼn hospitaalbed te sien,” het hy gesê.

Tenza sou ʼn rol in die produksie Night and Day vertolk wat binnekort by die Artscape-teater in Kaapstad en daarna by die Playhouse-teater in Durban op die planke is.

Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.