ʼn Bolshoi-balletdanser is Dinsdag tot ses jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn suuraanval op die wêreldbekende Moskou-teater se kunsdirekteur beplan het.
Pavel Dmitrichenko en twee medepligtiges het die aanval op 17 Januarie op Sergei Filin uitgevoer, het die regter in ʼn distrikshof in Moskou gesê.
Filin is erg verbrand en byna blind gelaat ná die aanval. Hy ondergaan steeds mediese behandeling in Duitsland.