Ballonvlug tussen Robbeneiland en Kaapstad

Foto: Facebook

‘n Man beplan om hierdie maand met helium-balonne van Robbeneiland na Kaapstad te vlieg.

“Matt Silver-Vallance sal aan 200 partytjiebalonne, sowat 1½m in deursnee vasgemaak word,” het Sarah Gurney, sy woordvoerder, gesê. Hy wag tans vir gunstige weerstoestande om die vlug te onderneem.

Volgens Gurney sal die vlug voor 27 April plaasvind. Die SA Burgerlike Lugvaartowerheid het die vlug goedgekeur en is tevrede met die veiligheidsmaatreëls wat getref is.

Silver-Vallance sal by die eiland opstyg, en ‘n maksimum hoogte van 182m bereik. Die duur van die reis hang af van die windrigting en -spoed. Die afstand tussen die eiland en droë grond is tussen 9km en 14km.

Volgens Gurney sal hy as veiligheidsmaatreël ‘n duikpak en lewensreddingsbaadjie aanhê. ‘n Motoraangedrewe skermsweeftuig sal hom volg om lugverkeer en navigasiedienste te bied. Hy sal ook ondersteuningspanne op die grond hê.

Die sogenaamde Robbeneiland-ballonlopie se doel is om geld in te samel vir die Nelson Mandela-kinderhospitaal in Johannesburg, ‘n 200-bed spesialis pediatriese akademiese- en tersiêre verwysingshospitaal.

“Ná vier jaar se beplanning is dit byna tyd,” het Silver-Vallance gesê. “Ek kan nie wag om op te styg om die geld vir die hospitaal in te samel nie. Op die ou einde is dít die belangrikste deel van die geleentheid.”

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.