Die bank het die hof in June 2011 genader en in Oktober dieselfde jaar ʼn hofbevel gekry om beslag te lê op Zonda se Mercedes S320 CDI, en alle kredietkaarte wat aan hom uitgereik is.
Volgens hofdokumente wat by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien is, het Zondwa opgehou om sy maandelikse paaiemente van R14 618 van sy R700 000 motorlening en sowat R20 000 van sy kredietkaart te betaal.
Die bank eis ʼn betaling van R448 247 vir die voertuig teen ʼn daaglikse rente van 8.25% vanaf Mei 2011.
Die saak het Woensdag in die hof voorgekom, maar is uitgestel om Zondwa meer tyd te gun om uitstaande verklarings in te dien.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Ai, ai, ai, dat ‘n man nou so hard van oupa se rug kan afval! Ek wou ook kleintyd op my oupa se rug ry,maar ek kon nie, want my oupa was nie ‘n ANC HOë nie!!
Dit kom daarvan as jy hoër wil vlieg as wat jou vlerke lank is !
Miskien kan Malema uithelp hier … of nee, hy het homself ook in die voet geskiet !
EISH !
Like jou “ANC-NOTHING YET” – skerp !