Bank vat Mandela se kleinseun hof toe

Zondwa Mandela.

Oud.pres. Nelson Mandela se kleinseun, Zondwa, is deur Investec Bank gedagvaar nadat hy glo nie sy voertuig- en kredietkaartpaaiemente kon betaal nie, het The Times Vrydag berig.

Die bank het die hof in June 2011 genader en in Oktober dieselfde jaar ʼn hofbevel gekry om beslag te lê op Zonda se Mercedes S320 CDI, en alle kredietkaarte wat aan hom uitgereik is.

Volgens hofdokumente wat by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien is, het Zondwa opgehou om sy maandelikse paaiemente van R14 618 van sy R700 000 motorlening en sowat R20 000 van sy kredietkaart te betaal.

Die bank eis ʼn betaling van R448 247 vir die voertuig teen ʼn daaglikse rente van 8.25% vanaf Mei 2011.

Die saak het Woensdag in die hof voorgekom, maar is uitgestel om Zondwa meer tyd te gun om uitstaande verklarings in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MITZ MALAN ·

Ai, ai, ai, dat ‘n man nou so hard van oupa se rug kan afval! Ek wou ook kleintyd op my oupa se rug ry,maar ek kon nie, want my oupa was nie ‘n ANC HOë nie!!

Naal de Koker ·

Mitz soos ek se vir Trippie, hy wag seker vir sy erfgeld. Oupa het seker vir hom doerietyd gese “as jy op my rug ry, moet net nie jou voete sleep nie” Hyt dit net nooit “gekop” nie. Nou wil Investec nie he hy moet op hulle rug ry en sy voete ook nog sleep nie….hehehe

Trippie ·

Dit kom daarvan as jy hoër wil vlieg as wat jou vlerke lank is !

Miskien kan Malema uithelp hier … of nee, hy het homself ook in die voet geskiet !

EISH !

Naal de Koker ·

Investec kap hom wild met die rente…. 8.25% PER DAG! is dit nie so effens teen die wet nie?? vasgestel op 5% per maand of 60% per jaar sover ek weet as jy in default is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.