Bankier verplaas miljoene ná hy aan die slaap raak

Argieffoto

ʼn Duitse bankier was glo so moeg dat hy by sy rekenaar aan die slaap geraak het en per abuis €222 miljoen (bykans R3 miljard) van ʼn rekening oorgeplaas het, het ʼn plaaslike hof in Duitsland vandeesweek aangehoor.

Die arbeidshof in Hessen het aangehoor dat die bankier verlede jaar in April veronderstel was om slegs €62.40 van ʼn afgetrede kliënt te verhaal, maar hy het “vir ʼn rukkie” lank aan die slaap geraak, terwyl sy vinger die nommer 2-sleutel op sy sleutelbord ingehou het, en gevolglik €222,222,222.22 afgetrek het.

Die bankier se 48-jarige toesighouer is kort ná die voorval afgedank omdat sy die transaksie goedgekeur het. ʼn Kollega het egter gou die probleem agtergekom en die transaksie teruggetrek.

Die toesighouer het die arbeidshof genader. Die hof het bevind dat die toesighouer eerder gewaarsku, in plaas van afgedank moes word. Volgens die hof was haar fout opreg aangesien sy nagenoeg 812 dokumente op die dag van die voorval moes nagaan. Die hof het beslis dat sy weer in haar pos aangestel moet word. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Ek sal my rekeningnommer vir die bankier gee en dan kan hy maar so aan die slaap raak solank hy net teen die tyd dat hy begin slaap reeds ny rekeningnommer ingepons het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.