Bankkaartbesonderhede het uitgelek

Die Suid-Afrikaanse bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) is besorg oor ʼn sekuriteitsbreuk wat daartoe gelei het dat persoonlike bankkaartbesonderhede uitgelek het en toegang tot persoonlike bankrekeninge bekom is.

Die breuk het glo by ʼn maatskappy plaasgevind wat aanlyntransaksies hanteer, berig EWN. Dit is nog nie duidelik hoeveel kaarthouers se besonderhede uitgelek het nie. Kalyani Pillay, woordvoerder van Sabric, het gesê sekuriteitsbreuke in die banksektor is nie ʼn algemene verskynsel in Suid-Afrika nie. “Ons is besorg dat dit gebeur het, maar ek dink uit ʼn bankperspektief tref banke voorsorg en is hul voortdurend op die uitkyk na nuwe maniere om hul sisteme beter te beskerm,” het Pillay gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.