Bankkliënte van R180 miljoen beroof

Bankkliënte is in 2010 van meer as R180 miljoen beroof, het die Johannesburgse landdroshof Maandag gehoor.

Die Sowetan berig dat die algemene bestuurder van die Suid-Afrikaanse bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric), Susan Potgieter, getuig het dat dit ʼn styging is van R40 miljoen vanaf 2009. Sy sê in 2009 het 1500 bankkliënte klagtes ingedien oor uitvissing-slenters (phishing). Uitvissing-slenters is wanneer e-posse gestuur word om mense se gebruikersname, wagwoorde en kredietkaartbesonderhede te verkry deur hulle na replikas van banke of maatskappye se webtuistes te herlei. Potgieter het getuig in die saak teen vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle 10 Vodacom klënte uit sowat R380 000 bedrieg het. Mbokodana Khoza, Mbusi Bhengu, Gregory Oduore en Thabiso Gwebuza het dit glo gedoen deur SMS-kennisgewings te onderskep wat hulle toegang gegee het tot vertroulike inligting.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.