“Bankrower” gefnuik

Die vermeende bankrower

Die vermeende bankrower

ʼn Vrou, wat beweer het dat sy ʼn versteekte vuurwapen by haar het, het Maandag misluk in haar poging om ʼn bank te beroof in die Gaslamp-distrik in San Diego, Amerika.

Die vermeende dief, wat in haar laat 30s of vroeë 40s kan wees, het omstreeks 09:00 ʼn geskrewe eis aan die kassier van die Bank of America-tak oorhandig, het die FBI gesê. Die kassier het die boodskap gelees, waarin die vrou beweer het sy het ʼn versteekte wapen, berig SanDiego6. Die klerk het toe ʼn kollega in kennis gestel en altwee het weggestap sonder om enige kontant aan die vrou te oorhandig.

Die vermeende dief het daarna uit die bank uit gestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.