Barclays-werknemer steel glo £46 000 om model te word

Rachael Claire Martin (24) wat vir Barclays in Cornwall, Engeland, gewerk het, het glo £46 000 gesteel om verskeie skoonheidsbehandelings te ondergaan.

Martin het die geld glo aangewend vir ‘n borsvergroting, om haar tande witter te maak, om vet uit te suig en om verlengstukke in haar hare te sit om haar kanse om ‘n model te word, te verbeter. Sy het aanvanklik die beskuldigings ontken, maar het uiteindelik skuldig gepleit dat sy die fondse oor ‘n periode van agt weke gesteel het.

Martin het glo £4 000 spandeer om haar borste te laat vergroot en £1 700 vir tandheelkunde. Sy het glo ook op “wilde inkopietogte” gegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.