Dokters is tevrede met Dawie de Villiers (53), seun van die vermoorde bejaarde egpaar van Barkly-Oos, se vordering in Mediclinic Bloemfontein, hoewel hy steeds kritiek is, berig OFM.
De Villiers is vroeg Woensdagoggend saam met sy ouers, Dawid en Ralie (albei in hul 80s) in hul huis op hul plaas, Broadlands, aangeval.
Die egpaar is keelaf gesny terwyl De Villiers erge steek- en snywonde opgedoen het. Die egpaar se dogter, Christina, het aan OFM gesê die gemeenskap op Barkly-Oos is geskok, en dat haar ouers nooit in vrees vir ‘n aanval geleef het nie.
‘n Roudiens vir die vermoorde egpaar word Woensdagmiddag 14:00 uit die NG Kerk Barkly-Oos gehou.
Bron: OFM
Lees ook:
Barkley-Oos-plaasaanval: Nuwe versoeke om plaasmoorde te laat prioritiseer
Plaasaanval: Bejaardes vermoor, seun kritiek
Gevoelose barbare, hoop hul word gevang en hul kele word in die tronk afgesny. Siek gemors.
As ek nou se wat ek graag wil se, sit ek vandag nog met my gat in die tronk. Die barbaarse lafaards.
graag wil ek my diepste innigste medelye betoon aan al die familie van die De Villiersse. Mag God julle dra deur die moeilike tyd. Ons weet nie naastenby waardeur julle gaan, en al ken ons julle nie almal persoonlik nie, is ons harte stukkend saam met julle en bid ons dat geregtigheid sal geskied. Ek dink persoonlik dat dinge in ons land sleg handuit ruk omdat die doodstraf weg gevat is.Maak n voorbeel van een van die gemeenste slegte barbare, hulle dink ons Afrikaner-boere is bang vir hulle!