Barkly-Oos-plaasmoord: Klagtes laat vaar

Argieffoto

Argieffoto

Aanklagte teen een van drie persone wat van die moord op Sarel Pretorius van die plaas Rooipoort in die Oos-Kaap beskuldig word, is laat vaar.

“Onvoldoende bewyse het daartoe gelei dat die moordklagte teen Thandeka Mthiyane (33) in die Barkly-Oos-landdroshof laat vaar moes word,” het Keneoe Motsoahae, klerk van die hof, gesê.

Die saak teen Bongani Nojokwe (31) en Vumile Dingalibala (28) is tot 13 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in polisie-aanhouding.

Die polisie het Nojokwe en Dingalibala se spoor tot in Gauteng gevolg ná ʼn intensiewe ondersoek.

Pretorius is twee weke gelede op die plaas vermoor. Sy vrou is in ʼn badkamer toegesluit.

Mthiyane het saam met die twee mans in die hof verskyn, aangesien die polisie in daardie stadium onder die indruk was dat hy ʼn medepligtige uit Gauteng kon wees.

Die polisie het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op R74 000 kontant en twee 9mm-pistole. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.