Barmhartige motoris geskiet ná hy wou help

geweer4-320x1791ʼn Man van Krugersdorp sterk in die hospitaal aan nadat hy Dinsdagaand in Monument, Krugersdorp in Gauteng, tydens ʼn kapingspoging geskiet is.

Kaptein Appel Erns, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die 38-jarige slagoffer was omstreeks 20:45 in 2de Straat deur twee gewapende mans aangeval wat sy voertuig wou kaap.

“Die slagoffer het ʼn Volkswagen Polo bestuur en was op pad na sy vriend toe. Hy het gesien dat ʼn swart Corsa LDV hom agtervolg en toe hy in 2de Straat in draai, het hy van die pad af getrek, aangesien die bestuurder van die Corsa aanhoudend sy hoofligte vir hom geflikker het,” het Erns gesê.

Twee insittendes van die Corsa het uit die voertuig geklim en die slagoffers vir aanwysings gevra. Toe die slagoffer wou help, het een van die verdagtes ʼn vuurwapen uitgepluk en op die man se motorsleutels aangedring. “Die man het hom verset en hulle het met mekaar begin stoei. Die gewapende verdagte het op die slagoffer geskiet en hom twee keer in die been getref.”

Tydens die bakleiery het die slagoffer se voertuigsleutel gebreek en die verdagtes het sonder die voertuig gevlug. Die slagoffer het ook beserings aan sy gesig opgedoen nadat hy met ʼn onbekende voorwerp geslaan is.

Maroela Media het vroeër berig paramedici van Netcare 911 het die gewonde man in sy voertuig aangetref. “Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê. Lees meer hier.

Die Krugersdorp-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en ʼn poging om te kaap. Die polisie het motoriste gewaarsku om versigtig te wees vir verdagte optredes van ander motoriste en om na ʼn veilige gebied te ry as hulle agterkom hulle word agtervolg.

Die polisie het enigiemand met meer inligting oor die voorval versoek om die Krugersdorp-polisie by 011 951 1111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jasper ·

Net n toets om te kyk of ek nog op die lug is. Laaste kommentare is nie geplaas nie en van die voriges het verdwyn.

Jasper ·

Lyk my ek haal weer asem. Was dit nou n ander forum sou ek raai “Seg” se alias het die link gebreek of gesteel

Trippie ·

Lekker lag ek ALWEER – Seg is bietjie stil vandag, hoop die ou is nog okay na hy so “uitgehaal” is … het darem lekker gelag vir die mansmens wat my so uitgelok het met sy “moeilikheid soek”. My kiewe was meer as een maal 2 X 2 Bar gepomp.

Trippie ·

Ek weet dit gaan nou “stupid” klink, maar ek neem geen mens kwalik wat NIE stop in vandag se lewe nie. Dis net doodeenvoudig te gevaarlik.

Dis betreurenswaardig, want dit kan ‘n dame wees wat probleme met haar voertuig ondervind, en terwyl ek op die “topic” is, hoeveel van ons dames kan haar voertuig se wiel omruil ?

NEE, EK KAN NOG STEEDS NIE !

Dan dink ek aan vroeer jare toe mens alleen gery het, en dit veilig was om ‘n troepie ‘n geleentheid te gee – WAAR IS DAARDIE VEILIGE JARE HEEN ?

Jammer, maar ek vertrou NIEMAND.

Ruby ·

Ja Trippie, waar is die goeie ou dae heen..? Vandag is ons versigtiger vir die polisie en die weermag as die skelms.. Betreurenswaardig!

G@TVOL ·

Dis baie naby wat met my ook gebeur het.
Ek en my dogtertjie van 9 het van my ouers af gery omtrent 20H00 so n maand terug. Opad huis toe het n motor van agter ook sy ligte heeltyd vir my gegooi, ek kon glad nie die persone sien nie, ek het stadig gery en meer links van die pad gery dat hulle verby kon kom, aangesien ek gedink het dat hulle hastig is, maar hulle wou nie en het aanhou ligte vir my gooi. By die rooi verkeerslig net voor ons gestop het het my dogter vir my gegil dat sy sien hulle het guns, dis toe dat ek die Yaris pepper.Hulle het agterna gekom en ek het geweet ek moet my dogter by veiligheid uit kry. Ek het stadig begin ry tot hul weer agter my was en n U draai gemaak en terug te ry in die rigting van waar ek gekom het, my ouers. Hulle het gestop en wou ook omdraai, maar dank die Vader hulle het nie. Hoekom ek om gedraai het is omdat die pad voorentoe donker, en verby n plakkers kamp is. My dogter was vir n paar dae baie bang. Ek sal my dood baklei vir haar

JAVR ·

Weet jy dis skokkend om so iets te hoor. Dat ‘n arme 9 jarige dogtertjie moet weet van die gevare om haar pa te waarsku daarteen! Waar gaan ons land heen? Ek hoop dis vir almal ‘n les dat so iets nie net met ander gebeur nie! As ek julle raad kan gee MOET NIE polisie stasie toe ry nie want hulle is dalk kop in een mus met die klomp!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.