Barmhartige samaritaan gee verlore geld terug

Die Speedy Mart-vulstasie waar die kontant opgespoor is.

ʼn Man van Tennessee in Amerika het ʼn groot som geld, wat hy in ʼn asblik opgepoor het, aan die eienaar terugbesorg.

Joe Ellis van Murfreesboro in Tennessee het Saterdagaand ʼn vullisdrom by ʼn plaaslike Speedy Mart-vulstasie deursoek in ʼn poging om koeldrankblikkies te versamel wat hy later sou verkoop vir ekstra geld. Hy het egter op ʼn groot som geld, ʼn hele paar honderd dollar en drie depositostrokies afgekom. Hy het die bedrag na die bestuurder van die Speedy Mart geneem wat bevestig het daar is $3 800 (bykans R34 000).

“Dit is te veel geld om op te spoor en net vir myself te hou,” het Ellis aan ABC gesê. Die vulstasie se bestuurders het die polisie ontbied wat gehelp het om die eienaar van die kontant op te spoor. Volgens Ellis het die man die kontant glo per ongeluk weggegooi toe hy sy motor skoongemaak het.

Die kontant is Maandag aan die eienaar oorhandig. Hy het Ellis met $400 (sowat R3 500) beloon vir sy bedagsaamheid. “Mens weet sommer hy is ʼn betrouenswaardige persoon. Hy is ʼn baie goeie ou,” het Maulik Patel, bestuurder van die Speedy Mart, van Ellis gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.