“Barmhartige Samaritaan” red man van treinspoor

scott_road_station’n “Barmhartige Samaritaan” van Gabriola het kitsroem verwerf nadat hy ’n vreemde man van ‘n treinspoor by die Scott Road SkyTrain-stasie in Kanada gered het.

Die treinstasie is in Vancouver, Kanada en deel van British Columbia se SkyTrain vervoerstelsel in die noordelike gedeelte van Surrey.

Brian Fleetwood en sy swaer was oppad na ’n yshokkiewedstryd toe hy die man op die treinspoor opgemerk het.

Fleetwood het by die man gebly en gereël dat iemand die nooddienste ontbied, berig die Huffington Post. Toe nog mense opdaag om te help het hulle die man, wat hoofbeserings opgedoen het, versigtig van die treinspoor gedra.

Fleetwood se suster het eerste oor haar broer se heldedaad berig in ’n brief aan die Surrey Leader. Op ’n vraag aan haar broer oor wat deur sy gedagtes gegaan het toe hy die man op die treinspore gesien het, het Fleetwood net gesê: “Iemand het seergekry en ek moes eenvoudig doen wat ek kon om te help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.