‘Batman-skieter’ dalk doodstraf opgelê

Die man wat daarvan verdink word dat hy 12 mense doodgeskiet en 58 gewond het tydens ʼn Batman-première in Colorado, Amerika, het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn.

James Holmes, ʼn 24-jarige nagraadse student, word in verband met dié massamoord in die Arapahoe County-tronk in Centennial aangehou. Holmes het Vrydag glo tydens die première van die fliek, Batman – The Dark Knight Rises, in ‘n volgepakte teater ingestorm en wild en wakker begin skiet. Die voorval het by ʼn winkelsentrum in Aurora, naby Centennial, plaasgevind. Daar is aanvanklik berig dat die dodetal 14 was, maar polisie het daarna bevestig die amptelike dodetal is 12.

Holmes het Maandag geboei in die Arapahoe Country-hof verskyn. Sy hare was oranjerooi gekleur. Hy het aanvanklik aan polisie gesê hy het sy hare gekleur om soos Batman se aartsvyand, The Joker, te lyk.

The Daily Mail berig hy het tydens die verrigtinge nie ʼn woord gesê nie. Holmes was emosieloos en het net voor hom uitgestaar. Hy is oor sy regte ingelig en het besluit om nie te pleit nie. Hofverrigtinge duur volgende Maandag voort. As hy skuldig bevind word aan moord kan hy die doodstraf opgelê word.

Klik hier om die volledige storie te lees en meer foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.