“Batmans” beroof bioskope

Twee bioskope in die Meksikaanse stad Chihuahua wat die nuwe Batmanrolprent, The Dark Knight Rises, vertoon, is Sondag deur gewapende rowers wat soos Batman vermom was beroof. Die rowers het hulle met meer as $10 000 se buit uit die voete gemaak. Die polisie was binne vyf minute op die toneel, maar die “Batmans” het hulle reeds uit die voete gemaak.

Die veelbesproke rolprent het 27 Julie in Suid-Afrika begin draai. Nog geen verdagte voorvalle is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.