BBC sê jammer oor “Gay Marriage”

Die foto van Rufus Lekala is deur die gebruiker @DaBrownNative op Twitter gelaai

Die BBC het om verskoning gevra aan Rufus Lekala, Transnet se hoof hawemeester, nadat hulle per ongeluk sy naam as “Gay Marriage” tydens ‘n onderhoud uitgesaai het.

“Transnet het die verskoning aanvaar,” het Lunga Ngcobo, woordvoerder vir Transnet, gesê. “Ja, hulle het om verskoning gevra en ons het dit aanvaar. Dit was ‘n fout en ons probeer om nie te veel daarvan te maak nie.”

Volgens UK Guardian online het die BBC glo gesê die voorval was ‘n tegniese fout. Die onderhoud, wat oor die vyfde Brics-beraad gehandel het, is Dinsdag wêreldwyd na meer as 71 miljoen kykers uitgesaai. Die Sowetan het berig dat Lekala die fout aanvanklik afgelag het, maar kykers wat dit gesien het, het foto’s van die skerm geneem en dit op Facebook en Twitter versprei.

Transnet het gevolglik geëis dat die BBC om verskoning moet vra.

Internasionale nuustrekke oor die afgelope paar dae het hoofsaaklik gehandel oor die debat van gay huwelike in Amerika. Die grafiek vir daardie storie is moontlik per ongeluk tydens Lekala se onderhoud gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.