BBP-wagte kry borg na wilde jaagtog

Twee polisiebeamptes wat vir die BBP-beskermingseenheid in Pretoria werk is op borgtog vrygelaat nadat hulle glo vroeër die week tydens ʼn wilde jaagtog op ʼn motoris se motor geskiet het.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die twee het Vrydag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, poging tot moord en die rig van ʼn vuurwapen. Hulle is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat. “Hulle het vroeër die week hul VW roekeloos op die N12 tussen Ikageng en Klerksdorp bestuur en die bestuurder van ʼn Uno gedwing om van die pad af te trek. Hulle het in ʼn rusie met hom betrokke geraak en toe glo ʼn skoot op die motor se wiel afgevuur. Hulle het terug in hulle motor geklim en weggejaag.” Ngubane sê die polisie is van die voorval in kennis gestel waarna hulle die twee se motor probeer opspoor het. Hy sê die twee beamptes het na Ikageng gery waar hulle motors geruil het. Ngubane sê hulle is uiteindelik naby Wolmaransstad vasgetrek. Hy sê die motor waarin hulle oorspronklik gery het, was ʼn ongemerkte polisievoertuig. “Hulle beweer hulle was aan diens gewees en dat hulle op pad was om ʼn motor in Kimberley te gaan oplaai.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Waar wil jy groter skelms en rampokkers kry as hierdie twee sogenaamde BBP-polisiemanne. As hulle tiperend is van die Zuma-staatsdiens, is dit maar ‘n vrot spul ! Mens kan maar net hoop en vertrou hulle kry ‘n goeie straf vir hul dade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.