ʼn Immigrasiebeampte het Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van korrupsie.
Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê Edmond Lekgothoane (37) is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak is tot 25 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Lekgothoane is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van R7 000 van ʼn sakeman van Bangladesj geëis het. “Die immigrasiebeampte het die sakeman glo gekonfronteer en aan hom gesê dat sy asieldokumente verval het waarna hy die omkoopgeld geëis het.” Die sakeman se asieldokumente het egter nie verval nie en hy het die polisie in kennis gestel, waarna die immigrasiebeampte in hegtenis geneem is.