Beamptes moor glo na huisbraak

ʼn Polisiebeampte en drie verkeersbeamptes het Maandag in die Eshowe-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die vier beamptes word beskuldig van die moord op Thokozani Langa. Hulle staan ook tereg op aanklagte van ontvoering, aanranding en regsverydeling. Dlamini sê die saak is tot 3 Junie uitgestel wanneer die beamptes na verwagting om borg sal aansoek doen. Die vier beamptes het Langa en drie ander mans glo ontvoer na ʼn huisbraak by een van die beamptes se huis. Langa en die ander mans is glo erg aangerand. Langa se lyk is later langs ‘n hoofweg gevind in die Wombane-area.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

en dan verwag die goverment mens mut die gud vertrou en ag gee as hulle jo aftrek langs die pad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.