Beamptes ontplooi na JHB-parke

Argieffoto

Argieffoto

Beamptes sal Donderdag na verskeie parke in en om Johannesburg ontplooi word in afwagting vir die groot aantal mense wat Welwillendheidsdag wil vier, het die metropolisie Donderdag gesê.

“Dié parke sluit Zoo Lake, Florida-park, Thokoza-park en Bezuidenhout-park in,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar gesê. “Ons doen ʼn beroep op mense om op hul hoede te wees en om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie.”

Minnaar het die publiek ook versoek om versigtig te wees wanneer hulle van vuurwerke gebruik maak. Die vuurwerke mag net tussen 19:00 en 22:00 aangesteek word, en moenie naby aan diere gebruik word nie, het Minnaar bygevoeg. Hy versoek ook dat daar volwasse toesig sal wees indien kinders met vuurwerke speel.

Minnaar sê die verkeer in Johannesburg is stil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek stem Gawie, dis ‘n geraas, nadelig vir mens en spesifiek vir diere wat ernstige beserings opdoen en verbasend, meestal mense wat dit NIE kan bekostig, wat klappers, ens. koop nie.

JD ·

Ek stem volmondig saam, VERBAN vuurwerke geheel en al. Dit is ‘n euwel, erger as drank en rook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.