Beamptes van binnelandse sake vas vir diefstal

Twee beamptes van binnelandse sake is Vrydag vir diefstal in Pretoria aangekeer, het die Valke gesê.

“Die verdagtes is deel van ‘n mobiele eenheid wat skoliere help om identiteitsdokumente te bekom,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder vir die Valke, gesê. Volgens die Valke het die beamptes telkens R140, wat vir die identiteitsdokumente betaal is, in hul sak gedruk en nie die aansoeke geprosesseer nie.

Binnelandse sake het klagtes ontvang, die stelsel ondersoek en bevind dat die aansoekers se inligting nie beskikbaar is nie. “Die departement het ons in Junie genader en ons het ondersoek begin instel. Na verwagting sal nog mense in hegtenis geneem word,” het Ramaloko gesê.

Die twee sal na verwagting Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Mens kry die indruk dat daar by vele, en in meeste gevalle sogenaamde agtergebelewes, ‘n obsessie oor rykdom bestaan en daar links en regs op allerlei wyse blatant gesteel word. En hierdie tendens kom nie net in die laer range van die regering voor nie – nee, selfs Zuma is inderdaad skuldig aan die diefstal van miljoene – Nkandla is ‘n sprekende voorbeeld waar miljoene, onregmatig en met Zuma se medewete, spandeer is.

Geen land kan welvarend raak wanneer daar so ‘n steelsugtigheid, hetsy of dit in die gedaante van korrupsie, bedrag, vervalsing, of van watter aard ookal, voorkom nie. Verder is dit ‘n klad op die naam van Suid-Afrika wat hom ‘n vrot rot maak. Die sorgwekkende is dat hierdie tendens die ANC-regering nie veel skeel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.