Bedelaar (98) gee al sy geld weg

Dobri Dobrev

Dobri Dobrev (98) het sy gehoor tydens die Tweede Wêreldoorlog verloor, en loop daagliks sowat 10km ver van sy dorpie na Sofia in Bulgarye om daar te bedel.

Dobrev is al ‘n bekende gesig by verskeie van die stad se kerke, maar dit het eers onlangs aan die lig gekom dat hy elke sent wat hy ingesamel het, wat meer as 40 000 euros (ongeveer R518 000) beloop, weggegee het. Dobrev het dié geld geskenk aan vervalle kloosters in Bulgarye en van dit gebruik om elektrisiteitsrekeninge van kinderhuise te betaal. Hy gebruik glo slegs sy staatspensioen van 80 euro (sowat R1 000) om van te leef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.