Bedrieërs se name bekend gemaak

Jeff Radebe. Foto: GCIS

Jeff Radebe, die minister van justisie, het Sondag die name van 42 veroordeelde bedrieërs bekend gemaak.

“Die aggressiewe houding het ten doel om te verseker dat, vir die eerste keer in die geskiedenis van ons demokrasie, misdadigers se name bekend gemaak sal word en hulle in die openbaar verantwoordelik gehou sal word vir hul optrede,” het Radebe aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Dit het ook ten doel om ander daarvan te weerhou om in korrupte en kriminele aktiwiteite betrokke te raak.” Radebe sê in die 2012/2013-boekjaar is 242 mense in 89 hoëprofiel-korrupsiesake ondersoek en was bedrog van meer as R5 miljoen deel van al dié ondersoeke. Van dié groep is 42 skuldig bevind, gevonnis en hul name bekend gemaak. Die oortreders se name sal op die webtuistes van regeringsdepartemente wat onder justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid (JCPS) val, gepubliseer word. Dit sal ook op die webtuiste van die regering se kommunikasie-en-inligtingsdiens (GCIS) verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Ek wonder maar net of die person wat onder Z moet wees daar is, want ek sien niks nie

Frik ·

R5 miljoen is ‘n begin, maar slegs ‘n mikroskopiese druppel in die emmer gemeet aan die regering se bedrog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.