Bee Gees-sanger verloor stryd teen kanker

Foto: Facebook

Die Bee Gees-sanger Robin Gibb is Sondag oorlede “na ʼn lang stryd teen kanker.”

Gibb (62) se gesin het in ʼn verklaring die aankondiging gemaak. Gibb was verlede maand vir sowat ʼn week lank in ʼn koma nadat hy sy bewussyn verloor het. Hy is in ʼn hospitaal in Londen opgeneem waar hy vir longontsteking en kolon- en lewerkanker behandel is. Robin, Barry en Maurice Gibb het hul loopbaan in die 60’s begin maar dit was die treffer Saturday Night Fever in 1977 wat die Bee Gees internasionaal bekend gemaak het. Hul jongste broer, Andy, is in 1988 oorlede kort na sy 30ste verjaarsdag. Maurice is in 2003 in die ouderdom van 53 oorlede. Robin word oorleef deur sy tweede vrou, vier kinders, sy broer Barry en suster Lesley Evans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.