Beeld kry nuwe redakteur

Adriaan Basson Foto: @AdriaanBasson, Twitter

Adriaan Basson, City Press se assistentredakteur, het Woensdag gesê hy is as Beeld-koerant se redakteur aangestel.

“Ek is baie opgewonde om die redakteur van Beeld te word,” het Basson gesê. “Die hele koerantbedryf staar ʼn geweldige uitdaging in die gesig in terme van ons besigheidsmodel. Ongeag die taal waarin jy skryf, moet jy die beste wees in dit wat jy doen en my enigste doel is om Beeld die beste in die land te maak.”

Basson sal van 1 Oktober die leisels by Peet Kruger oorneem.

Basson is ʼn bekroonde ondersoekende joernalis en die outeur van Finish & Klaar: Selebi’s fall from Interpol to the Underworld en Zuma Exposed. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het hom vroeër vanjaar as voorsitter aangestel van sy mediavryheidskomitee.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Soos reeds gesê, daar is NET EEN Basson, en dis WOUTER BASSON !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.