Bees Roux kry opgeskorte vonnis vir strafbare mansslag

Die Blou Bul-stut, Bees Roux, Woensdag in die Pretoria landdroshof saam met sy vriendin, Carien du Toit. Foto: SAPA

Die Blou Bul-stut Bees Roux het ingevolge ‘n pleitooreenkoms ʼn opgeskorte vonnis ontvang nadat hy skuldig gepleit het aan strafbare mansslag, berig EWN.

Roux se saak is sedert Woensdag uitgestel nadat die verdediging en die staat aangekondig het hulle is besig met onderhandelings. Roux is aangekla van die moord op sers Ntshimane Johannes Mogale (38) van die Tshwane-metropolisie. Roux het glo in die vroeë oggendure van 27 Augustus verlede jaar Mogale met sy kaal hande doodgemaak nadat hy na bewering deur die metropolisie afgetrek is vir dronkbestuur. Roux sal glo ʼn finansiële bydrae maak van R750 000 maak aan Mogale se familie. Die hof en Mogale se familie het Roux se verduideliking en verskoning aanvaar. Die regter het Mogale se vrou geskakel om te vra of sy gelukkig is met die uitkoms van die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.