Begraafplaas-moordenaar skuldig bevind

Argieffoto

‘n Man van KwaZulu-Natal is Donderdag skuldig bevind dat hy ‘n omstander gewond en sy tannie by haar man se graf doodgeskiet het.

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het bevind dat Lungisi Mdluli (38) sy tannie Buyi Joyce Radebe tydens haar man se begrafnis in Newcastle in Februarie doodgeskiet het. Mdluli het skuld erken en gesê hy en sy tannie het baie baklei of Ngobile Radebe in Johannesburg of Newcastle begrawe moes word. Mdluli beweer Buyi het gedreig om huurmoordenaars te kry om hom [Mdluli] dood te maak.

Tydens die begrafnis by ‘n begraafplaas in Newcastle het hy gesien hoe sy met twee gewapende mans praat en vermoed dat dit die huurmoordenaars moet wees. Hy het agter haar in beweeg en begin skiet, en haar doodgeskiet en ‘n omstander gewond. Hy het toe aan die hof gesê hy het toe probeer selfmoord pleeg, maar kon nie daarin slaag nie, omdat hy deur ander mense by die begrafnis aangerand is.

Regter Achmat Jappie het Mdluli aan die moord en poging tot moord skuldig bevind.

Hy sal Dinsdag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.