Begraafplaasmoord: Man gevonnis

Maartens van der Merwe en Chané van Heerden Foto: Facebook

Maartens van der Merwe is Vrydag in die rondgaande hof op Virginia tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Van der Merwe is Dinsdag skuldig bevind aan die moord op Michael van Eck (23) in 2011 in ‘n begraafplaas in Welkom. Van Eck is deur Van der Merwe en sy verloofde, Chané van Heerden, vermoor en sy liggaam is vermink. Van sy liggaamsdele is in ʼn vlak graf gevind en sommiges, waaronder die vel van sy gesig, is in ʼn yskas gekry. Van Heerden het verlede jaar op dié moord skuldig gepleit en is tot ‘n minimum van 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Regter Ian van der Merwe het Vrydag vir Van der Merwe ʼn ekstra 10 jaar vonnis opgelê op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en vyf jaar vir liggaamskending.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.