Begraafplase weier Boston-bomplanter se lyk

Tamerlan Tsarnaev

Die familie van Tamerlan Tsarnaev, een van die vermeende bomplanters by die Boston-marathon, sukkel om ʼn begraafplaas te vind wat sy oorskot wil aanvaar.

Tsarnaev (26) is op 19 April doodgeskiet nadat hy van die polisie in Amerika probeer vlug het. Hy is vier dae na die Boston-bloedbad dood. Daar word vermoed dat hy en sy jonger broer, Dzhokhar Tsarnaev, vir die aanval verantwoordelik was waarin drie mense dood en 264 beseer is.

Tsarnaev se weduwee, Katherine Russell, wat haar skok uitgespreek het oor die aantygings teen haar man, het sy liggaam geweier. ʼn Vervreemde oom van Maryland, wat glo nie veel van Tsarnaev gehou het nie, het sy liggaam ʼn paar dae gelede aangevra, en gesê hy glo sy broerskind verdien ʼn behoorlike begrafnis.

Tsarnaev se familie het Maandag gesê hulle wil hom naby aan hulle begrawe, maar verskeie begraafplase in die Massachusetts-omgewing wil nie sy liggaam aanvaar nie. Volgens Islamitiese geloof mag sy liggaam nie veras word nie.

David Walkinshaw, ʼn woordvoerder van die Massachusetts-begrafnisraad, sê die staat besit nie hul eie begraafplase nie. Die begraafplase wat die staat besit is vir oorlogsveterane. “Die staat kan dus nie aandring daarop dat enigiemand by ʼn spesifieke begraafplaas begrawe moet word nie,” het Walkinshaw gesê.

Sommige betogers en inwoners wat saamdrom buite die lykshuis waar Tsarnaev se liggaam aangehou word, eis dat sy liggaam teruggestuur word na Rusland, vanwaar hy afkomstig is. Daar word selfs fondse ingesamel sodat sy liggaam weggestuur kan word, omdat die Amerikaners hom nie in hul land begrawe wil hê nie. Van die betogers dra plakkate met die woorde: “Begrawe hierdie terroris op Amerikaanse grond, en ons sal hom weer opgrawe.”

Dzhokhar is van die misdaad aangekla en word tans by ʼn federale mediese aanhoudingsfasiliteit buite Boston aangehou. Lees meer hier.

Lees ook:
Familie verdeeld oor Boston-verdagtes
Boston-marathon: Tweede verdagte vasgetrek
Boston-bloedbad: Verdagtes is broers
Boston-ontploffing: Vermeende verdagte dood
Polisieman by Boston-kampus doodgeskiet
Foto en video: Verdagtes in Boston-bloedbad
Boston-marathon: Drukpotte as bomme gebruik
Boston-bloedbad: SA beseerdes was toeskouers
Boston: Twee SA’ners beseer in ontploffing
Video en foto’s: Drie dood, honderde beseer in Boston-bloedbad
Foto’s en video: Ontploffings by Boston-marathon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.