Begrafnisreëlings vir Nelson Mandela

Nelson Mandela

Nelson Mandela

Die presidensie het Vrydag die begrafnisreëlings van voormalige president Nelson Mandela bekend gemaak.

Die president het in ʼn verklaring alle Suid-Afrikaners bedank vir die waardige manier waarop hulle op dié internasionale ikoon se afsterwe reageer het. “Hy was ʼn simbool van versoening, eenheid, liefde, menseregte en geregtigheid in ons land en in die wêreld,” het pres. Zuma in die verklaring gesê.

Volgens die presidensie sal Mandela op 15 Desember in Qunu in die Oos-Kaap begrawe word. Sondag, 8 Desember, is as ʼn nasionale dag van gebed en herdenking ingestel.

Die amptelike gedenkdiens sal op 10 Desember by die FNB-stadion in Johannesburg plaasvind. Tussen 11 en 13 Desember sal die oud-president by die Uniegebou in Pretoria in staatsie lê. Amptelike gedenkdienste sal dan ook in verskeie provinsies en streke gehou word.

“Ons wil die week gebruik om ʼn lewe, wat goed geleef is, te vier. Lank leef Madiba.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

amanda ·

Tata Madiba sal verseker gemis word. Onder sy leiding het ons land n eenheid gevorm en was ons trots ons Suid Afrikaners genoem te word. Sy bydrae tot die versoening met n sport soos rugby in 1995 was fenominaal! Rus in vrede Madiba jy verdien dit.

Demokraat ·

Sekondeer Amanda. Madiba se bydrae tot ‘n demokratiese Suid-Afrika sal nooit oorskat kan word nie en vertrou mens maar net dat sy gelyke ons weer eendag kan lei. Lank lewe sy nagedagtenis.

Annemarie ·

Mnr Mandela het deur sy vergewensgesindheid en liefde vir ons land en al sy mense bewys dat ons deur naasteliefde en deur die son oor mekaar te laat skyn, brue kan bou wat verreikende gevolge het, tot ons almal se voordeel.

GB ·

Menslike Ikoon! Navolgenswaardig! Jy het SA baie goed gedien Madiba! Ek vertrou jy het deur die poort na ewige heerlikheid gegaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.