Begrafnisreëlings vir sanger se seuntjie bekend

Dirk snr. en Dirkie

Dirkie (2), die seuntjie van die Afrikaanse sanger Dirk de Zinger en sy vrou Melissa, se begrafnisreëlings is pas bekend gemaak.

Die gesin was verlede Dinsdag in ʼn voertuigongeluk by ʼn kruising in Rietfontein in Pretoria betrokke. Die ongeluk het op die hoek van Byersstraat en 22ste Laan plaasgevind. Die bestuurder van ʼn Nissan-bakkie het glo ʼn stopteken by dié kruising verontagsaam. Dirk se voertuig het teen die bakkie gebots, waarna dit teen ‘n boom langs die kruising gebots en tot stilstand gekom het. Dirk het geringe beserings opgedoen, maar Melissa en Dirkie is ernstig beseer. Die twee insittendes van die bakkie is ongedeerd. Dirkie is ʼn dag later in die hospitaal breindood verklaar en sy suurstofmasjiene is afgeskakel.

Die egpaar het Dinsdag by monde van die gesin se woordvoerder, Pierre van der Westhuizen, almal bedank vir hul ondersteuning, gebede, blomme en bystand die afgelope week.

“Dirk en Melissa word Woensdag uit die Kloof MediClinic ontslaan en sal dan tuis aansterk. Dirk het ʼn gekraakte bekken en stuitjie asook penne in sy voet. Melissa het haar L5-rugwerwel gebreek en moet baie bedrus kry vir die volgende ses weke,” het Van der Westhuizen gesê.

Dirkie se roudiens is Vrydag om 10:00 by die Gereformeerde Kerk Meintjieskop in 39 Rosestraat in Riviera, Pretoria. Hy word daarna in die Zandfontein-begraafplaas tot ruste gelê. Bywoning is oop vir die publiek.

Lees ook:
Sanger beseer, gesin kritiek ná botsing
Sanger se seuntjie sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Poly ·

My innige simpatie mag God jul die KRAG EN GENADE gee vir die groot verlies net een wat daardeur is kan verstaan liefde van poly van PE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.