Behoeftige ma probeer kinders, self vergiftig

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vrou is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat sy haarself en haar drie kinders in Mthatha in die Oos-Kaap vergiftig het.

“Die 28-jarige ma het gesê die toelaag wat sy ontvang is nie genoeg nie,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Oos-Kaap, gesê. “Die eenjarige seuntjie is in ‘n kritieke toestand, en die twee meisies, onderskeidelik sewe en 10 jaar oud, reageer goed op behandeling.”

Die voorval het Saterdagaand by die Pola Park informele nedersetting naby Mthatha plaasgevind. Dit is nie bekend of die vrou getroud was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alida Engelbrecht ·

Is dit nie n skreiende skande nie. Die Regering wat al 20 jaar aan bewind is, het al der miljoene rand gesteel, misbruik, verduister of hoe jy dit ookal wil noem. Hulle sit daar in die Parlement en slaap omdat hulle te dik geeet is om hul oë oop te hou. Daarvandaan waggel hulle tot by hulle luukse motors, weer oppad na n eetplek of enige ander plek waar n mens geld kan spandeer. Hier is n jong ma, wat gehoop het op n beter lewe vir haar en haar kinders, en sy sien geen ander uitkoms as om haarself en haar kinders te vergiftig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.