Beitbrug-dwelmsmokkelaar wag vir hofdatum

Argieffoto

Argieffoto

Daar is nog nie duidelikheid wanneer ʼn vragmotorbestuurder, wat Sondag in hegtenis geneem is nadat hy “die grootste besending kokaïne ooit” die land in wou smokkel, in die hof gaan verskyn nie.

Maroela Media het vroeër berig die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Sondag op 80kg kokaïen beslag gelê by die Beitbrug-grenspos in Limpopo.

“Die SAID kan bevestig dat sy doeane-span by die Beitbrug-grenspos Sondag op sy grootste besending kokaïen ooit beslag gelê het terwyl dit in die land ingesmokkel is,” het Marika Muller, woordvoerder van die SAID, Sondag in ʼn verklaring gesê. Sy sê die kokaïen, met ʼn straatwaarde van R23 miljoen, is in ʼn vragmotor gevind wat die land van Zimbabwe af probeer binnekom het. Muller sê die vragmotor kom van Malawi af. Sy sê daar is 100 A4-grootte pakkies kokaïen in die vragmotor gevind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.