Bejaarde aan die Oos-Rand vermoor

Die bebloede liggaam van ‘n 71-jarige man is vroeër die week in sy huis op ʼn plot naby Brakpan aan die Oos-Rand gevind.

LookLocal Brakpan berig dat Antonio Guerra, wat vir jare alleen in die huis gewoon het, vermoedelik tussen Saterdag en Maandag oorval en vermoor is. Sy seun, Tony, en nog ‘n familielid, het Maandagaand, nadat hulle onraad begin vermoed het, na die huis gegaan en die gru-ontdekking gemaak. Guerra is in die voorportaal van sy huis aangetref. Guerra het glo in ‘n stadium na buite gegaan aangesien sy flitslig en bril ‘n paar meter van die huis gevind is. Die huis was weer gesluit; vermoedelik deur sy aanvallers. Hy is vermoedelik buite oorval, waarna hy terug in die huis gesleep is. Daar was verskeie wonde aan sy liggaam en sy skoenveters was ook aan mekaar vasgemaak. Verskeie items, soos ‘n televisiestel, vrieskas en selfone word vermis. Enigiemand met inligting kan die polisiestasie skakel by 011 744 4940.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.