Bejaarde aangeval, deur plaashuis gesleep

ʼn Bejaarde vrou is Dinsdag op haar plaas in Stoffberg, Mpumalanga deur vyf mans aangeval.

LookLocal Middelburg berig dat Elizabeth Ligthelm oor die kop geslaan is tydens die aanval en vreeslik gebloei het. Abdullah Gardee, eienaar van ʼn winkel op Stoffberg, sê iemand het by sy winkel aangehardloop gekom en gesê dat hulle mense gehoor gil het op Ligthelm se plaas. Gardee het Ligthelm probeer bel maar daar was geen antwoord nie. Gardee het drie boere van die omgewing geskakel waarna hy saam hulle na die plaas gehaas het. Die aanvallers was steeds in die huis toe die mans op die plaas aangekom het. Een van die aanvallers het ʼn venster stukkend geskiet en gevlug. Twee van sy makkers is in hegtenis geneem terwyl nog twee weggekom het. Die twee aanvallers wat in hegtenis geneem is, het beide skietwonde opgedoen. Ligthelm se aanvallers het haar glo deur die huis gesleep terwyl hulle op soek was na waardevolle items om te steel. Sy is na die Midmed-hospitaal in Middelburg gehaas. ʼn Plaaswerkers is ook erg aangerand tydens die aanval.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wena catherina Coetzee ·

Gemorste gemorste………….Here U alleen is in beheer…………Beskerm en bewaar ons mense van die bose satanskinders………Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.