Bejaarde beboet wat onwetend dagga plant

Argieffoto

Argieffoto

‘n 73-jarige man is beboet nadat hy saadjies geplant het wat hy in ‘n boks opgespoor het en dit toe eintlik ‘n daggaplant was.

William Reynolds van Vermont in Amerika is deur die St Johnsbury-polisie met $200 (sowat R2 000) beboet nadat die polisie die 76cm-hoë daggaplant opgespoor het. Die polisie sê daar was geen aanduiding dat Reynolds ‘n daggaroker is of dat hy ander marijuana-plante het nie.

Reynolds het aan die Caledonian Record gesê hy rook nie marijuana nie en het net “gespeel” met die saadjies wat hy opgespoor het. Hy erken hy was verkeerd en sal die boete betaal.

Vermont het op 1 Julie die besit van klein hoeveelhede dagga gedekriminaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tante Afrikana ·

Ag asseblief….gaan beveg tog net regte misdaad….die wereld gaan gebuk on vlaag van misdade maar die regerings worry oor bietjie daggaplante……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.