Bejaarde boer glo weens grondhervorming vermoor

Waterval-Boven. Foto: SA travel.

Waterval-Boven. Foto: SA travel.

Gareth Johnson, ʼn bejaarde boer is oor die naweek op sy plaas naby Waterval-Boven, Mpumalanga, doodgeskiet.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het Vrydag omstreeks 18:00 by sy plaashuis plaasgevind. “Johnson (67) se 70-jarige vrou was tydens die voorval by die huis en het geweerskote gehoor, maar nie haar man se aanvallers gesien nie,” het Hlathi gesê. Johnson is op die toneel dood verklaar.

Niemand was nog teen Maandagoggend om 08:00 in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Beeld het Maandag berig ʼn ander boer in die omgewing beweer dat Johnson moontlik vermoor is weens ʼn dispuut met die nuwe eienaars van ʼn plaas wat hy weens grondhervorming verloor het.

Volgens die berig het Johnson ʼn vurige vergadering verlede week met die nuwe eienaars gehad. Johnson was glo ontevrede omdat plakkers op die grond wat hy verloor het, ingetrek het.

Hlathi het gesê die polisie gaan nie hul ondersoek beperk net op gronde van dié beweringe nie. “Ons gaan ʼn behoorlike ondersoek van stapel stuur, sou die gerugte waar wees sal dit in die ondersoek uitkom.”

Hlathi doen ʼn beroep op die publiek om met enige inligting wat met die ondersoek kan help, na vore te kom. Die polisie kan by 10111 geskakel word.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Seg Net ·

Hier begin Malema se werk. Dit is die begin van baie moorde aangevuur deur Malema se terroristiese organisasie.

Trippie ·

Nee, Malema se werk is lankal aan die gang ! Die liewe Vader weet wat gaan van ons Boere word. Pas julself asseblief mooi op.

Ek volg Sunette se “blog” daagliks en daar gaan bykans nie EEN dag verby wat ons nie lees van ‘n moord op Boere, bejaardes, Blankes nie.

Gert Malan ·

Ou Skeeloog en sy korrupte trawante verheurlik hulle self wanneer ‘n Boer vermoor word. Ek kan nie anders daaroor dink nie want hul kommentaar om hierdie brutaliteit stop te sit is totaal en al afwesig. Ou skeeloog het nie die eiers om Malema stop te sit nie en is hy boonop te onnosel om agter te kom watter skade malema idioot aanrig. Sterkte aan die familie van hierdie Boer. Skeeloog en sy trawante moet net weet – die antichris sal NOOIT OOIT AS OORWINNAAR AANGEWYS WORD NIE!!!!

Willy ·

Dit gebeur waar daar ‘n plaas veloor word deur grondhervorming. Kon nie aanvaar, dat sy eens pragtige winsgewende plaas so ten gronde gegaan het nie.
Hoop hierdie mislukkings word ook sommer vrek geskiet.
Baie sterkte aan die familie.

Trippie ·

Ek wil n ou iets vra … ek WEET daar is mense wat soos ons voel in hul harte … MAAR, ek wil weet, hoe kan ek ooit vir die DA my stem gee – hulle steun dan grondhervorming.

Is daar mense wat soos ek voel oor hierdie saak ?

Trippie ·

Ek wil nou iets vra … ek WEET daar is mense wat soos ons voel in hul harte … MAAR, ek wil weet, hoe kan ek ooit vir die DA my stem gee – hulle steun dan grondhervorming.

Is daar mense wat soos ek voel oor hierdie saak ?

(Skuus vir die herhaling, wens regtig die “edit”-funksie kan nou in werking gestel word).

Willy ·

Het netnou met Susan gepraat. Dit lyk my ‘n saak van dringendheid te wees.

Die probleem is, daar is nie ‘n politieke party waarvoor ons kan stem nie volgens my.
‘n Leier moet nog gebore word wat nie aan eie gewin dink maar sy volgelinge se belange op die hart dra.

Kobus ·

Dagsê Trippie en Willy

Ons het pas die funksie bygevoeg dat julle jul eie kommentaar kan verander vir 5 minute nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

Willy ·

Dagsê Kobus.

Baie dankie dit werk wonderlik.

Julle is tops daar!

JAVR ·

Wha ha ha, ek sien dit al van gister af en dog my kommentaar is TE skerp en moet dit verander of verloor! Hie hie dankie Kobus. Moet sê ek het toe bietjie afgeskaal op die “vertaling?”

Ver Van Ryn ·

As ‘n jongeling wat groot geword het in die nuwe SA, stem ek saam. Die DA is ‘n klomp wurms, hulle is ruggraatloos en orals waar die ANC klaar verrot het teer hulle verder. Kyk net na die skokkende advertensie wat DASO, DA Studente Organisasie, op ‘n kampus laat preik het met ‘n politiese SR-verkiesing: ‘n wit en swart perd wat mekaar dek. Dit wys net hoe swak van karakter hulle is en dat hulle oop is vir enige iets om stemme te verower.

Melissa ·

Ek wil ook nie meer vir die DA stem nie, Zille wat so saamet die marmite monsters dans en tekere gaan, sy prober hulle stemme ook werf, maar verloor baie ander! Hulle gee nie om meer vir die wit mense nie. Mens hoor net hoe corrupt almal is, maar geen van die partye staan op en sê iets nie Vir wie anders kan ons stem?

JAVR ·

Ek stem met jou 100% saam! Die polisie gaan nie en sal nie iets met die inligting doen nie want dan is die saak te vinnig opgelos en dan moet een of almal van die wetters tronk toe!

Jasper ·

Ek kan en sal nooit vir n party stem wat abborsie goedkeur nie. (Jammer om die onderwerp te verander)

Trippie ·

Jasper, ek wil graag weet wat jou gevoel is waar ‘n dame verkrag word, en nie die kind wil hê nie. Andersins is aborsie na my mening TABOE !

Jasper ·

Ek glo in so n geval sal mens sekerlik onmiddelik mediese hulp kan ontvang voordat enige seldelings en vashegtings plaasgevind het. Daarna is dit n lewe wat mens neem. Ek is nou nie n spesialis op mediese gebied nie. Wat my hinder is dat abborsie deesdae vir enige sedelose rede uitgevoer word.
Ek is tans werksaam in n Arabiese land. Hier is dit “one way” vir n verkragter nl. kop af !

Trippie ·

Dankie Jasper. Ek stem 100% saam.

Sou dit nie wonderlik wees indien dit hier by ons ook so kon werk – KOP AF VIR VERKRAGTERS EN MOORDENAARS !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.