Bejaarde boer in Namibië vermoor

ʼn Bejaarde boer van die Rehoboth-omgewing in Namibië se liggaam is Dinsdagoggend sowat 150 meter van sy plaashuis deur die polisie gevind.

Die Republikein berig dat die 73-jarige Ernst Jacobus Cloete se hande en voete met toue agter sy lyf vasgebind was. Cloete se lyk is omstreeks 10:00 Dinsdagoggend deur die polisie gevind waar dit onder gras en takkee versteek is. Sy bakkie het sowat 50 meter verder verlate gestaan. Cloete se bakkie, beursie en 28 skape word vermis. Cloete se seun, Hugo, sê hy vermoed sy pa is Maandag tussen 15:00 en 19:00 vermoor. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Cloete word oorleef deur sy vrou, vyf seuns en drie dogters.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.