Bejaarde boer keer vermeende dief aan; skiet hom in die arm

‘n Boer het ‘n vermeende rower op sy plaas naby Kirkwood in die Oos-Kaap aangekeer, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.

“Die 18-jarige man het Saterdagaand omstreeks 21:00 glo deur ‘n venster by die boer se huis ingebreek,” het ao Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man het die 81-jarige boer in die gang konfronteer en hom in die arm gesteek.”

Die boer en die verdagte het glo baklei en die boer het sy vrou se hulp ingeroep. Die verdagte is in sy linkerarm geskiet.

“Die boer het die verdagte aangekeer en die polisie geskakel. Die boer en die verdagte het altwee mediese behandeling ontvang.”

Die verdagte is van huisbraak met die doel om te steel aangekla. Hy sal binnekort in die Kirkwood-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kaspaas ·

Hoekom is die verdagte nie van poging tot moord aangekla nie ? Ons weet mos teen die tyd al dat plaasmoorde hulle enigste doel is. As die boer nie wakker geword het nie was hy en sy vrou maar net nog ‘n statistiek.

Karin Bothma ·

Ek stem saam, dit moet poging tot moord wees. Die boer het ‘n slegte werk gedoen. Hy moes hom uit die beskawing verwyder het.

Boere-meisie ♡ ·

Hy het darem probeer !!!! Sies vir jou ! Sou jy dit beter kon doen ?

Pieter Potgieter ·

Mooi so die boere kom by. Skiet hulle voor julle geskiet word. Arme ou mense wat op hul ouderdom nou met die skurke moet veg. Genoeg is genoeg.

Johan ·

Met ‘n mes gesteek en word nie van poging tot moord aangekla nie? Die Polisie wys in wie se kant hulle is. Die oom gaan eersdaags gearresteer word vir poging tot moord.

Hoekom doen Maroela Media nie bietjie navrae oor die aanklag by die SAPD nie. Dit is absurt!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.