Bejaarde boer oorleef plaasaanval

Jan Smith, ʼn 72-jarige boer van Mpumalanga, sterk in die hospitaal aan nadat hy drie keer op sy plaas naby Standerton geskiet is.

Smith en sy vrou, Marieta (68), is Maandag deur gewapende mans in hul huis oorweldig, berig Beeld. Hulle is gedwing om hul kluis oop te maak. Die rowers het twee vuurwapens gesteel en Jan in sy bors, bobeen en arm geskiet.

Hardus Smith, die egpaar se seun, het gesê sy ma is verskeie kere geslaan. Die rowers het met die egpaar se voertuig van die toneel gevlug.

Jan is na die Parkland-kliniek in Springs geneem waar hy gestabiliseer is. Hy sal na verwagting vandag weer ʼn operasie ondergaan.

Amos Vilakazi, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en gewapende roof.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.