Bejaarde boer vasgebind, vermoor in Stella

ʼn Bejaarde boer is Sondagmiddag op sy plaas buite Stella in Noordwes vermoor.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê Hendrik Cilliers (77) se liggaam is Sondagaand omstreeks 18:30 sowat 500m van die plaashuis gevind. Hy sê Cilliers se hande en voete was vasgebind en sy mond is met ʼn t-hemp toegebind. Ngubane sê Cilliers is in die kop geskiet en het kneusplekke aan sy gesig gehad. Hy sê die vermeende moordenaars het met huishoudelike items op die vlug geslaan. Ngubane sê Cilliers het alleen op die plaas Erfdeel, sowat 15km buite Stella, gewoon. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.