Bejaarde by Midrandse dwelmnes vasgetrek

Die Valke het Donderdag drie mans, waaronder ʼn bejaarde, op ʼn kleinhoewe in Midrand waar dwelms vervaardig is, in hegtenis geneem.

Kaptein Paul Ramoloko, ʼn woordvoerder, sê hulle het beslag gelê op dwelms met ʼn straatwaarde van sowat R1,5 miljoen.

“Bure het die polisie ingelig dat hulle ʼn vragmotor by die perseel gesien het en dat kratte met verdagte bestanddele afgelaai is,” het Ramoloko gesê.

Die bestanddele waarop beslag gelê is, word gebruik om Mandrax te vervaardig.

ʼn 62-jarige man, sy 34-jarige seun en ʼn 33-jarige medepligtige is in hegtenis geneem. Hulle word aangekla van dwelmvervaardiging en dwelmhandel. Die ondersoek duur voort en meer inhegtenisnames word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.