ʼn 81-jarige vrou is Vrydag by ʼn winkelsentrum in die Vaaldriehoek raakgeskiet tydens ʼn gewapende roof. Die vrou het later aan beserings beswyk.
Die voorval by die Evaton Plaza-winkelsentrum plaasgevind. Die vrou is raakgeskiet toe ʼn groep gewapende mans lukraak begin skiet het toe hulle geldwa-veiligheidswagte by die sentrum beroof het. Die groep mans het met ʼn onbekende hoeveelheid kontant gevlug. Volgens die polisie het die rowers in twee voertuie van die toneel gevlug. Die voertuie is later verlate in Orange Farm en Palm Springs in Gauteng gevind. Die ondersoek duur voort.