Bejaarde in die Vrystaat vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Elleanor Dorfling (82) van Allanridge in die Vrystaat is Donderdag dood aangetref in haar huis.

“Bure het die polisie ontbied toe hulle gesien het hoe water by haar huis uit stroom,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. Sy het alleen gebly.

“Haar liggaam is in ʼn bad vol water aangetref. Die water het reeds tot in die straat geloop,” het Thakeng gesê. Haar hande was met ʼn das vasgebind.

Volgens Thakeng het die skuldiges moontlik haar huis deur die dak betree. “Daar is bloedvlekke op die mure. Daar was ook bloed in haar mond.”

ʼn Moorddossier is oopgemaak. Dit is glo moeilik om te bepaal of enigiets gesteel is, aangesien sy alleen gebly het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henko ·

Hoeveel nog? Dit is onaanvaarbaar!
Mens kan kwalik na hierdie moordenaars verwys as mense.

Kaspaas ·

Die ANC se verkiesings veldtog is alreeds in volle gang – net jammer hulle kies verswakte bejaardes. Die donker volk bly maar ‘n lafhartige nasie – seker maar apartheid se skuld.

Peter Says ·

Lafaards, kan nooit hulle eie portuur aanvat nie, simpatie met die naasbestaandes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.