Bejaarde egpaar erg aangerand op plaas

‘n Bejaarde egpaar is Woensdagmiddag in hulle huis op ʼn plaas buite Bronkhorstspruit beroof en erg aangerand met bakstene en skêre.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Sipho Zulu, sê die egpaar het omstreeks 18:00 in hulle sitkamer gesit toe twee mans hulle oorval het. Hy sê die egpaar is erg aangerand met bakstene en skêre voor die rowers met juweliersware en ander huishoudelike items gevlug het. Zulu sê toe die polisie en lede van ʼn veiligheidsmaatskappy op die toneel opdaag kon hulle daarin slaag om een van die verdagtes in hegtenis te neem. Van die gesteelde goedere is in sy besit gevind. Die polisie is steeds op soek na die ander verdagte. Zulu sê die egpaar is in die Bronkhorstspruit hospitaal opgeneem vir verdere behandeling. Hy kon nie die ouderdomme van die egpaar verskaf nie. Maroela Media het ergter veneem dat die man 80 jaar oud is en die vrou 65 jaar oud is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.