Bejaarde egpaar in Mpumalanga vermoor

ʼn 75-jarige man en sy vrou is in hul huis in Tonga, Mpumalanga vermoor.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Leonard Hlathi, sê die egpaar se buurvrou het omstreeks 21:00 Saterdagaand op hulle ontbinde lyke afgekom. Hlathi sê die vermeende moordenaars het die voordeur oopgebreek om toegang tot die huis te kry. Hy sê die egpaar is vermoedelik met ʼn byl doodgekap. Hlathi sê dit is onduidelik of enige huishoudelike items vermis word. Die egpaar is glo Woensdag laas gesien deur die buurvrou wat op hulle lyke afgekom het. Hlathi sê die buurvrou het bekommerd geraak toe sy hulle vir twee dae nie gesien het nie. Die ouderdom van die oorlede vrou was nie onmiddellik bekend nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.