Bejaarde egpaar in PE aangeval

ʼn Bejaarde egpaar is erg aangerand terwyl daar gedreig is om hulle met kookwater te brand in Summerstrand in Port Elizabeth.

The Herald Online berig dat vier rowers Woensdagoggend omstreeks 01:00 by die egpaar se huis in Vignestraat ingebreek het. Die egpaar se seun, Sam Schultz, sê die rowers het met goedere van nagenoeg R100 000 gevlug, insluitend Krugerrande, juweliersware en kontant. Schultz sê sy ma en pa is erg geslaan en met ʼn skroewedraaier aangerand. Hy sê sy pa se versorger is ook aangerand. Hy sê sy pa het sowat vyf jaar gelede ʼn beroerte gehad en kan nie loop nie. “Hulle het my ma in een van die kamers gevind, teen die tyd wat sy wakker geword het, was twee mans langs haar op die bed en het hulle reeds haar voete vasgemaak. Sy is erg aangerand en geskop toe sy op die vloer geval het. Hulle het haar ook verwurg en haar vir die kluis se sleutels gevra.” Schultz sê die rowers het die ketel aangeskakel en gedreig om die egpaar en versorger met kookwater te brand. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Sandra Janse van Rensburg, sê een van die vermeende rowers is later in ʼn buurman se erg gevind en in hegtenis geneem. ʼn Paar uur later is twee mans in hegtenis geneem nadat ʼn skroewedraaier en ʼn sak vol klere in hul besit gevind is. Die polisie ondersoek die saak.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.