Owen Charles, ʼn bejaarde boer van die Oos-Kaap, is dood en sy vrou ernstig gewond ná ʼn aanval by hul plaas Sondagaand.
Adjudant-offisier Pierre Harmse, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die aanval het op die egpaar se plaas, Armadale, naby die Jansenville plaasgevind. “Vyf gewapende mans het die egpaar se huis tussen 19:00 en 22:00 betree. Owen (70) is op die toneel dood en sy vrou, Jenny, ernstig gewond. Hulle het die egpaar se vuurwapens gesteel en met Owen se bakkie van die toneel gevlug,” het Harmse gesê.
Jenny is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal met veelvoudige steekwonde.
Athol Trollip, DA-woordvoerder vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, het in ʼn verklaring gesê Owen het die Jansenville-gemeenskap in verskeie maniere gedien en ondersteun. Trollip het dié aanval streng veroordeel. “Die moord is nie net sinneloos nie, maar het ook ʼn rimpeleffek op landbou en landelike gemeenskappe. Die regering faal daarin om sy inwoners te beskerm,” het hy gesê.
Dié nuus volg kort nadat Maroela Media verneem het dat ʼn vrou Maandagoggend by haar plaas in Noordwes doodgeskiet is. Lees meer hier.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Mense gaan tekere oor die baardman moord, dis is ook erg. Maar wat van al die boere????